Yara Animal Nutrition South Africa

  • sl_pigs2

Ontmoet ons Voedingkundige

Alina Taute is gebore in Kimberly en het grootgeword in Namakwaland. Alina het in 1991 aan Ogies Hoërskool gematrikuleer en het BSc Agric aan die Universiteit van Pretoria gestudeer. Sy het haar graad in 1995 ontvang.

In 1996 ontvang sy haar honeursgraad in herkouervoeding en in Januarie 2000 ontvang sy haar Meesters graad ook in herkouer voeding. Die title van haar tesis was “The influence of nitrogen fertilization, physiological stage and season on qualitative and quantitative characteristics of Panicum maximum cv Gatton for sheep”.

Alina het 3 artikels in die “Journal of Animal Science” gepubliseer en het verder ook verskeie artikels in plaaslike tydskrifte soos die Landbou Weekblad, Farmers Weekly, ProAgri, Senwes, etc., gepubliseer.

Alina het in Maart 1998 by Yara Animal Nutrition South Africa (voorheen bekend as Kynoch Voere) begin werk en is steeds ‘n werknemer by KK A Animal Nutrition. Alina is ‘n herkouer Voedingkundige en spesialiseer in fosfaat aanvullings en lekke van beeste en skape.